Saturday, July 16, 2022
Tuesday, January 12, 2021
Kammaland, Annelie Botes
Kammaland maak dan seker meer sin vir mense wat beplan vir, of al reeds 'n kanaalboot vakansie meegemaak het. Die boek is eerder dokumente^r as fiksie, met redelik intieme details en vertellings. Die skrywer skroom nie weg van ongemaklike situasies nie. Heelwat komiese oomblikke, maar dit is die raak beskrywings van Engelse kroegies, dorpies en landelike tonele wat mens die heeltyd verlei en bekoor. 90 dae klink te kort - ek wil ook nou op 'n 20x2m langboot gaan bly. Ai. 'n Maklike vinnige lees.
Sunday, December 6, 2020
Met die Vierkleur in Parys, Renée Rautenbach Conradie.
Met die Vierkleur in Parys lees baie maklik, maar ek gaan nog 'n rukkie daarmee besig wees. Ek was ook saam met Bella by die boek oggend waar die skrywer gesels het.
Friday, July 31, 2020
Humble Pi: A Comedy of Maths Errors, Matt parker
Humble Pi: A Comedy of Maths Errors is meer toeganklik as Matt Parker se ander moet-lees, Things to Make and Do in the Fourth Dimension. Dit laat mens heelwat kopskud in ongeloof.
Friday, May 1, 2020
Tuesday, June 11, 2019
Monday, July 30, 2018
Life 3.0: Being Human in the Age of Artificial Intelligence, Max Tegmark
Life 3.0: Being Human in the Age of Artificial Intelligence, Max Tegmark. Die staaltjie in die prelude is nogals 'n ryk toekomsvisie vir 'n moderne illuminati geslag, met die finale hoofstuk oor wat is bewussyn nou regtig vir my meer insiggewend as enige ander deel van die boek. Daar is 'n element van herhaling, maar deesdae is dit nogals iets wat maklik in sulke tipe boeke gebeur. Wednesday, July 25, 2018
Things to Make and Do in the Fourth Dimension, Matt Parker.
Things to Make and Do in the Fourth Dimension: A Mathematician's Journey Through Narcissistic Numbers, Optimal Dating Algorithms, at Least Two Kinds of Infinity, and More, deur Matt Parker.Hierdie boekie lees nogals maklik, maar by so paar plekke moet mens beter kophou as 'n dronk weeluis. Van die probleme sou mens self ook kan oplos, teken of uitwerk, maar dit sal heelwat tyd vat. Veral ook as mens dit regtig korrek wil verstaan en kan toepas. Ek sal nogals graag 'n lysie wil opmaak van al die interessant getalle en truuks. Lees gerus, veral as jy wiskunde geniet het op skool or universiteit.
Sunday, March 25, 2018
Hoe verklaar jy dit?
Het hierdie boekie as 'n present van die Standers gekry. Lees baie maklik met 'n geselstrant verklaring van algemene en vreemde vrae. Sunday, April 3, 2016
Freakonomics, Levitt and Dubner
Freakonomics het 'n baie interessante perspektief, maar ongelukkig voel dit of die boodskap letterlik in elke hoofstuk herhaal word met dieselfde enkele voorbeelde. Dit maak sin wat Levitt probeer verduidelik, maar om sulke komplekse afhanklikhede in baie sinvolle voorbeelde te kry is nie maklik nie. Sy voorbeelde is aan die min kant, daarom die gevoel van herhaling. Dit is egter steeds die moeite werd om te lees. Thursday, May 10, 2012
Your Brain at Work, David Rock
Your Brain at Work, David Rock begin amper asof mens jou eie soutmyn wedervaringe vertel. Die boek is beslis baie interessant. Ek is nou so 100 bladsye in en vorder goed, veral oppad na Zurich.
Saturday, March 24, 2012
Diary of a Wimpy Kid
Diary of a Wimpy Kid is regtig lekker kinder vermaak. Besig om dit saam met my twee manne te lees. Vreksnaaks en goeie vermaak vir ouers ook.
Saturday, March 10, 2012
Guns, germs, and steel: the fates of human societies. Jared M Diamond - 6/10
Baie interessante poging om die wereld te verduidelik soos dit tans lyk. Op die ou einde is dit seker geografie, en dan die verdeling van groepe wat alles beinvloed. Die ekstra deel aan die einde is amper die beste deel van die boek. Daar is net te veel herhaling in die boek, dit kon heelwat korter gewees het, en steeds dieselfde boodskap oordra. Maar nog steeds die moeite werd om te lees. Klaas gelees op 10 Maart 2012.
Saturday, November 6, 2010
If You Want to Walk on Water, You've Got to Get Out of the Boat - John Ortberg
Het hierdie boekie as deel van ons sel gedoen - lees maklik, maar is bietjie moeiliker om as studie materiaal te dien - mens moet goed voorberei om dit reg te kry.
Tuesday, June 15, 2010
Wow, God! - Daniel Louw
Het hierdie boek laaaank terug by Guillaume geleen, tydens ons laaste Kaap vakansie. Hoop nie hy soek die boek gou teruyg nie! Het dit so maand of wat gelede (Mei 2010) begin lees. Die boek is baie kompak geskryf, en is ietwat moeilik om te lees. Dit lyk egter interessant, so ek sal seker dit darem klaarkry voor 2093.
Thursday, April 29, 2010
Charles Babbage: Passages from the Life of a Philosopher
Charles Babbage: Passages from the Life of a Philosopher, Martin Campbell-Kelly, IEEE Press, 1994. Op my tafel sedert 1995! Ek het die boek eers onlangs neergele, nadat ek regtig probeer het om dit te lees. Ek kon dit net nie regkry om daardeur te swoeg nie....
George's Secret Key to the Universe
George's Secret Key to the Universe, Lucy and Stephen Hawking, Doubleday, 2007.
Op my tafel sedert November 2008. Het dit as 'n persent tydens 'n werkreis na Engeland (Nov 2008) by Hester, Corne en Matthew present gekry.
Ek het dit so week of wat terug (April 2010) vir Franko en Anrich begin lees. Franko is net die regte ouderdom om dit te geniet - nog so bietjie bokant Anrich se vuurmaakplek....trek al by Hoofstuk 9...
Friday, November 20, 2009
Bewyse oor die Christelike geloof, Josh Mc Dowell
Bewyse oor die Christelike geloof, Josh McDowell, is 'n baie duk boek van amper 1000 bladsye. Ek leen dit by Ds. Fanie, nadat ek een aand 'n redelike lang gesprek met hom gevoer het oor allerhande aspekte van geloof. My rekord met sulke tipe boeke is seker 'n paar jare. Ek was glad nie met die eerste hoofstuk beindruk nie, maar die tweede wat oor die geskiedenis van die Bybel handel is veel meer interresant. Die eerste hoofstuk probeer feitelike stellings maak, maar dan met sekere basis aannames as wegtrek punt. Dit is juis hiedie basis aannames wat mens sou hoop hierdie boek probeer bewys. Ek is egter oopkop, en sal die res van die boek stadig deurwerk. Hopelik het Ds. Fanie nie die boek te gou nodig nie...Ek het hom seker as so 6 weke. Ek het ook vinnig op die outeur se webblad gekyk - dit is heel indrukwekkend, en daar is heelwat materiaal.
Ek is nou klaar met Hoofstuk 2. wat my pla is stellings soos bv, hierdie persoon is iemand met 'n sterk karakter en kan vir niemand terugstaan nie, en maak hierdie of een of ander stelling wat dan as waarheid voorgehou word in die boek. Hoofstuk 2 bevat egter heelwat interessante statistieke oor die Bybel en ook die Apokriewe. Dit is baie insiggewend. Daar is egter vir nog steeds te veel vrae om te se dat Hoofstuk 2 gebruik kan word om die korrektheid van die Bybel te staaf. Dit is nou van 'n wetenskaplike perspektief, nie van 'n gevoels perspektief af nie.
Ek is nou klaar met Hoofstuk 2. wat my pla is stellings soos bv, hierdie persoon is iemand met 'n sterk karakter en kan vir niemand terugstaan nie, en maak hierdie of een of ander stelling wat dan as waarheid voorgehou word in die boek. Hoofstuk 2 bevat egter heelwat interessante statistieke oor die Bybel en ook die Apokriewe. Dit is baie insiggewend. Daar is egter vir nog steeds te veel vrae om te se dat Hoofstuk 2 gebruik kan word om die korrektheid van die Bybel te staaf. Dit is nou van 'n wetenskaplike perspektief, nie van 'n gevoels perspektief af nie.
Wednesday, August 26, 2009
Geloof Sonder Grense, A.A. van Niekerk

Geloof Sonder Grense, Van Niekerk, A.A., Lux Verbi, 2005, ISBN 0 79630 386 X. Op my tafel sedert Junie 2006. Ek lees al baie lank aan hierdie boekie. Dit trek baie goed weg en verloor dan so bietjie spoed. Veral met die lang relaas oor VIGS ens. Ek verstaan nie heeltemal die toepaslikheid van die manier waarop die hoofstuk daaroor aangebied word in die konteks van geloof sekerheid nie. Dat dit wel daarmee te make het, is verseker, maar nie heeltemal die manier wat die outeur dit behandel nie. Die laaste paar hoofstukke gee vir my ook baie meer oor filosofie, eerder as geloof sekerheid. Dit is dan ook seker so omdat die skrywer 'n filosoof is.... Het na 'n lang gesukkel uiteindelik die boek klaar gelees op 2 Des 2009. Ek sou dit nie noodwendig aan beveel vir iemand wat wonder oor geloof nie, maar dan eerder die filosofie van geloof. Daar is ook 'n paar kontraversiele sienings oor die skeppingsverhaal en ander vaste bakens van die Christelike geloof. Wat dit wel goed doen, is om sonder skroom te redeneer oor sake wat normaalweg baue hush-hush in die gewone kerke hanteer word.
Sunday, August 2, 2009
Gebed, Maak dit 'n enige verskil? Philip Yancey
Begin lees op 2 Augustus 2009 as deel van ons Sel temas.
Van my eerste indrukke oor die boek Ek het die eerste twee hoofstukke redelik maklik gelees, en dit gesien as inleidend tot die res. Die eerste vyf hoofstukke vorm 'n eerste deel. Ek het my egter vrek gesukkel met die derde tot vyfde hoofstukke. Dit lees baie langdradig, en die vertalingstyl asook die meesal eerste-persoons verteltrant irriteer my heelwat. Ek het regtig baie gesukkel om die inhoud van paragrawe te versoen met die opskrifte van die paragrawe. Ek sal hierdie stuk moet oorlees...
Ek het die eerste twee hoofstukke van Deel II gelees (6 en 7) - hierdie was vir my meer interessant, aamgesien dit die kwessies rondom die toelatende en absolute wil van God beskou. Dit kyk ook na sogenaame uitdagende gebede na God. Dit het vir my makliker gelees as Hoostukke 3-5, maar ek sukkel steeds met die vertaalde skryfstyl. Ons het ten minste meer punte gehad vir bespreking rondom Hoofstuk 7 by die sel vanaand (23 Aug 2009).
Hoofstuk 8 het ek die eerste keer redelik vinnig gelees, maar eers toe ons dit by ons groepie bespreek het, besef dat daar tog waardevolle dele in hierdie deel is. Die groepie het regtig lekker gesels oor van die dele. Ek dink die boek kan dalk nou aan die gang kom...
Subscribe to:
Posts (Atom)







.jpg)

