Thursday, April 23, 2009

Die Judasbok: Vlak 3



Het hierdie boek Desember 2009 klaar gelees, terwyl ons op vakansie was in die Wes Kaap. Die boek was op die rak by die plaashuis duskant Piketberg, in die Sederberge. Ek kon lekker voor 'n knetterende kaggel lees, omdat dit lekker koel in die berge was teen die aand se tyd.

  Ek was baie verbaas om te sien dat hierdie boek se eerste uitgawe/druk 1982 is. Dalene het verskeie sake wat baie relevant vandag is hierin aangespreek, amper half profeties sou mens kon se^. Dalk was sy net baie nader aan die goed wat vir die gewone (wit) man op straat verwyderd was. Die boekie lees vinnig en maklik, en het 'n paar aangrypende dele. Ek hou baie van kortverhale, en het dus die boekie baie geniet.




The Secret



Het hierdie boek al reeds 2008-07-23 klaar gelees, oftewel, probeeer lees.

  I started to read it, but I must admit I do not like the disorganised fashion of the book, and they keep on repeating stuff over and over - I only got as far as the 10-15 first few pages and lost complete interest



A Brief History of Time: Updated and Expanded Tenth Anniversary Edition: 10th Anniversary Ed.



Het hierdie boek al reeds 2008-04-15 klaar gelees.  EK het egter meer as 'n jaar daaraan gelees.

Stimulerende, maar tog moeilik hier en daar om te lees - ek het veral die laaste 2 of 3 hoofstukke meer geniet as die eerstes. Ek het veral ook gehou van Hawking se manier om God in die prentjie te bring - dit wys ook hoe moeilik dit is vir die wetenskap om God in die vergelyking te hou. Aan te beveel.

Raising A Son: Parents and the Making of a Healthy Man



Het hierdie boek eintlik al reeds 2007-10-23 klaar gelees, maar het nou eers begin om my resensies op hier blok te pos.  

Is goed en gee goeie raad oor die 3 fases van 'n seun. Ek mis egter die geloof kant van dinge in die boek.


Boeke

Boeke wat ek besig is om te lees, wat ek gelees het, en nog graag wil lees.