Tuesday, January 12, 2021

Kammaland, Annelie Botes

Kammaland maak dan seker meer sin vir mense wat beplan vir, of al reeds 'n kanaalboot vakansie meegemaak het. Die boek is eerder dokumente^r as fiksie, met redelik intieme details en vertellings. Die skrywer skroom nie weg van ongemaklike situasies nie. Heelwat komiese oomblikke, maar dit is die raak beskrywings van Engelse kroegies, dorpies en landelike tonele wat mens die heeltyd verlei en bekoor. 90 dae klink te kort - ek wil ook nou op 'n 20x2m langboot gaan bly. Ai. 'n Maklike vinnige lees. 



No comments:

Post a Comment