Sunday, April 3, 2016

Freakonomics, Levitt and Dubner

Freakonomics het 'n baie interessante perspektief, maar ongelukkig voel dit of die boodskap letterlik in elke hoofstuk herhaal word met dieselfde enkele voorbeelde. Dit maak sin wat Levitt probeer verduidelik, maar om sulke komplekse afhanklikhede in baie sinvolle voorbeelde te kry is nie maklik nie. Sy voorbeelde is aan die min kant, daarom die gevoel van herhaling. Dit is egter steeds die moeite werd om te lees.