Friday, November 20, 2009

Bewyse oor die Christelike geloof, Josh Mc Dowell



Bewyse oor die Christelike geloof, Josh McDowell, is 'n baie duk boek van amper 1000 bladsye. Ek leen dit by Ds. Fanie, nadat ek een aand 'n redelike lang gesprek met hom gevoer het oor allerhande aspekte van geloof. My rekord met sulke tipe boeke is seker 'n paar jare. Ek was glad nie met die eerste hoofstuk beindruk nie, maar die tweede wat oor die geskiedenis van die Bybel handel is veel meer interresant. Die eerste hoofstuk probeer feitelike stellings maak, maar dan met sekere basis aannames as wegtrek punt. Dit is juis hiedie basis aannames wat mens sou hoop hierdie boek probeer bewys. Ek is egter oopkop, en sal die res van die boek stadig deurwerk. Hopelik het Ds. Fanie nie die boek te gou nodig nie...Ek het hom seker as so 6 weke. Ek het ook vinnig op die outeur se webblad gekyk - dit is heel indrukwekkend, en daar is heelwat materiaal.

Ek is nou klaar met Hoofstuk 2. wat my pla is stellings soos bv, hierdie persoon is iemand met 'n sterk karakter en kan vir niemand terugstaan nie, en maak hierdie of een of ander stelling wat dan as waarheid voorgehou word in die boek. Hoofstuk 2 bevat egter heelwat interessante statistieke oor die Bybel en ook die Apokriewe. Dit is baie insiggewend. Daar is egter vir nog steeds te veel vrae om te se dat Hoofstuk 2 gebruik kan word om die korrektheid van die Bybel te staaf. Dit is nou van 'n wetenskaplike perspektief, nie van 'n gevoels perspektief af nie.



No comments:

Post a Comment