Wednesday, August 26, 2009

Geloof Sonder Grense, A.A. van Niekerk



Geloof Sonder Grense, Van Niekerk, A.A., Lux Verbi, 2005, ISBN 0 79630 386 X. Op my tafel sedert Junie 2006. Ek lees al baie lank aan hierdie boekie. Dit trek baie goed weg en verloor dan so bietjie spoed. Veral met die lang relaas oor VIGS ens. Ek verstaan nie heeltemal die toepaslikheid van die manier waarop die hoofstuk daaroor aangebied word in die konteks van geloof sekerheid nie. Dat dit wel daarmee te make het, is verseker, maar nie heeltemal die manier wat die outeur dit behandel nie. Die laaste paar hoofstukke gee vir my ook baie meer oor filosofie, eerder as geloof sekerheid. Dit is dan ook seker so omdat die skrywer 'n filosoof is.... Het na 'n lang gesukkel uiteindelik die boek klaar gelees op 2 Des 2009. Ek sou dit nie noodwendig aan beveel vir iemand wat wonder oor geloof nie, maar dan eerder die filosofie van geloof. Daar is ook 'n paar kontraversiele sienings oor die skeppingsverhaal en ander vaste bakens van die Christelike geloof. Wat dit wel goed doen, is om sonder skroom te redeneer oor sake wat normaalweg baue hush-hush in die gewone kerke hanteer word. 

Sunday, August 2, 2009

Gebed, Maak dit 'n enige verskil? Philip Yancey


Begin lees op 2 Augustus 2009 as deel van ons Sel temas.


Van my eerste indrukke oor die boek Ek het die eerste twee hoofstukke redelik maklik gelees, en dit gesien as inleidend tot die res. Die eerste vyf hoofstukke vorm 'n eerste deel. Ek het my egter vrek gesukkel met die derde tot vyfde hoofstukke. Dit lees baie langdradig, en die vertalingstyl asook die meesal eerste-persoons verteltrant irriteer my heelwat. Ek het regtig baie gesukkel om die inhoud van paragrawe te versoen met die opskrifte van die paragrawe. Ek sal hierdie stuk moet oorlees...

Ek het die eerste twee hoofstukke van Deel II gelees (6 en 7) - hierdie was vir my meer interessant, aamgesien dit die kwessies rondom die toelatende en absolute wil van God beskou. Dit kyk ook na sogenaame uitdagende gebede na God. Dit het vir my makliker gelees as Hoostukke 3-5, maar ek sukkel steeds met die vertaalde skryfstyl. Ons het ten minste meer punte gehad vir bespreking rondom Hoofstuk 7 by die sel vanaand (23 Aug 2009).

Hoofstuk 8 het ek die eerste keer redelik vinnig gelees, maar eers toe ons dit by ons groepie bespreek het, besef dat daar tog waardevolle dele in hierdie deel is. Die groepie het regtig lekker gesels oor van die dele. Ek dink die boek kan dalk nou aan die gang kom...