Monday, July 30, 2018

Life 3.0: Being Human in the Age of Artificial Intelligence, Max Tegmark

Life 3.0: Being Human in the Age of Artificial Intelligence, Max Tegmark. Die staaltjie in die prelude is nogals 'n ryk toekomsvisie vir 'n moderne illuminati geslag, met die finale hoofstuk oor wat is bewussyn nou regtig vir my meer insiggewend as enige ander deel van die boek. Daar is 'n element van herhaling, maar deesdae is dit nogals iets wat maklik in sulke tipe boeke gebeur. 



Wednesday, July 25, 2018

Things to Make and Do in the Fourth Dimension, Matt Parker.



Hierdie boekie lees nogals maklik, maar by so paar plekke moet mens beter kophou as 'n dronk weeluis. Van die probleme sou mens self ook kan oplos, teken of uitwerk, maar dit sal heelwat tyd vat. Veral ook as mens dit regtig korrek wil verstaan en kan toepas. Ek sal nogals graag 'n lysie wil opmaak van al die interessant getalle en truuks. Lees gerus, veral as jy wiskunde geniet het op skool or universiteit. 

Sunday, March 25, 2018

Hoe verklaar jy dit?

Het hierdie boekie as 'n present van die Standers gekry. Lees baie maklik met 'n geselstrant verklaring van algemene en vreemde vrae.