Het hierdie boekie as deel van ons sel gedoen - lees maklik, maar is bietjie moeiliker om as studie materiaal te dien - mens moet goed voorberei om dit reg te kry.
Saturday, November 6, 2010
Tuesday, June 15, 2010
Wow, God! - Daniel Louw
Het hierdie boek laaaank terug by Guillaume geleen, tydens ons laaste Kaap vakansie. Hoop nie hy soek die boek gou teruyg nie! Het dit so maand of wat gelede (Mei 2010) begin lees. Die boek is baie kompak geskryf, en is ietwat moeilik om te lees. Dit lyk egter interessant, so ek sal seker dit darem klaarkry voor 2093.
Thursday, April 29, 2010
Charles Babbage: Passages from the Life of a Philosopher
Charles Babbage: Passages from the Life of a Philosopher, Martin Campbell-Kelly, IEEE Press, 1994. Op my tafel sedert 1995! Ek het die boek eers onlangs neergele, nadat ek regtig probeer het om dit te lees. Ek kon dit net nie regkry om daardeur te swoeg nie....
George's Secret Key to the Universe
George's Secret Key to the Universe, Lucy and Stephen Hawking, Doubleday, 2007.
Op my tafel sedert November 2008. Het dit as 'n persent tydens 'n werkreis na Engeland (Nov 2008) by Hester, Corne en Matthew present gekry.
Ek het dit so week of wat terug (April 2010) vir Franko en Anrich begin lees. Franko is net die regte ouderdom om dit te geniet - nog so bietjie bokant Anrich se vuurmaakplek....trek al by Hoofstuk 9...
Friday, November 20, 2009
Bewyse oor die Christelike geloof, Josh Mc Dowell
Bewyse oor die Christelike geloof, Josh McDowell, is 'n baie duk boek van amper 1000 bladsye. Ek leen dit by Ds. Fanie, nadat ek een aand 'n redelike lang gesprek met hom gevoer het oor allerhande aspekte van geloof. My rekord met sulke tipe boeke is seker 'n paar jare. Ek was glad nie met die eerste hoofstuk beindruk nie, maar die tweede wat oor die geskiedenis van die Bybel handel is veel meer interresant. Die eerste hoofstuk probeer feitelike stellings maak, maar dan met sekere basis aannames as wegtrek punt. Dit is juis hiedie basis aannames wat mens sou hoop hierdie boek probeer bewys. Ek is egter oopkop, en sal die res van die boek stadig deurwerk. Hopelik het Ds. Fanie nie die boek te gou nodig nie...Ek het hom seker as so 6 weke. Ek het ook vinnig op die outeur se webblad gekyk - dit is heel indrukwekkend, en daar is heelwat materiaal.
Ek is nou klaar met Hoofstuk 2. wat my pla is stellings soos bv, hierdie persoon is iemand met 'n sterk karakter en kan vir niemand terugstaan nie, en maak hierdie of een of ander stelling wat dan as waarheid voorgehou word in die boek. Hoofstuk 2 bevat egter heelwat interessante statistieke oor die Bybel en ook die Apokriewe. Dit is baie insiggewend. Daar is egter vir nog steeds te veel vrae om te se dat Hoofstuk 2 gebruik kan word om die korrektheid van die Bybel te staaf. Dit is nou van 'n wetenskaplike perspektief, nie van 'n gevoels perspektief af nie.
Ek is nou klaar met Hoofstuk 2. wat my pla is stellings soos bv, hierdie persoon is iemand met 'n sterk karakter en kan vir niemand terugstaan nie, en maak hierdie of een of ander stelling wat dan as waarheid voorgehou word in die boek. Hoofstuk 2 bevat egter heelwat interessante statistieke oor die Bybel en ook die Apokriewe. Dit is baie insiggewend. Daar is egter vir nog steeds te veel vrae om te se dat Hoofstuk 2 gebruik kan word om die korrektheid van die Bybel te staaf. Dit is nou van 'n wetenskaplike perspektief, nie van 'n gevoels perspektief af nie.
Wednesday, August 26, 2009
Geloof Sonder Grense, A.A. van Niekerk

Geloof Sonder Grense, Van Niekerk, A.A., Lux Verbi, 2005, ISBN 0 79630 386 X. Op my tafel sedert Junie 2006. Ek lees al baie lank aan hierdie boekie. Dit trek baie goed weg en verloor dan so bietjie spoed. Veral met die lang relaas oor VIGS ens. Ek verstaan nie heeltemal die toepaslikheid van die manier waarop die hoofstuk daaroor aangebied word in die konteks van geloof sekerheid nie. Dat dit wel daarmee te make het, is verseker, maar nie heeltemal die manier wat die outeur dit behandel nie. Die laaste paar hoofstukke gee vir my ook baie meer oor filosofie, eerder as geloof sekerheid. Dit is dan ook seker so omdat die skrywer 'n filosoof is.... Het na 'n lang gesukkel uiteindelik die boek klaar gelees op 2 Des 2009. Ek sou dit nie noodwendig aan beveel vir iemand wat wonder oor geloof nie, maar dan eerder die filosofie van geloof. Daar is ook 'n paar kontraversiele sienings oor die skeppingsverhaal en ander vaste bakens van die Christelike geloof. Wat dit wel goed doen, is om sonder skroom te redeneer oor sake wat normaalweg baue hush-hush in die gewone kerke hanteer word.
Sunday, August 2, 2009
Gebed, Maak dit 'n enige verskil? Philip Yancey
Begin lees op 2 Augustus 2009 as deel van ons Sel temas.
Van my eerste indrukke oor die boek Ek het die eerste twee hoofstukke redelik maklik gelees, en dit gesien as inleidend tot die res. Die eerste vyf hoofstukke vorm 'n eerste deel. Ek het my egter vrek gesukkel met die derde tot vyfde hoofstukke. Dit lees baie langdradig, en die vertalingstyl asook die meesal eerste-persoons verteltrant irriteer my heelwat. Ek het regtig baie gesukkel om die inhoud van paragrawe te versoen met die opskrifte van die paragrawe. Ek sal hierdie stuk moet oorlees...
Ek het die eerste twee hoofstukke van Deel II gelees (6 en 7) - hierdie was vir my meer interessant, aamgesien dit die kwessies rondom die toelatende en absolute wil van God beskou. Dit kyk ook na sogenaame uitdagende gebede na God. Dit het vir my makliker gelees as Hoostukke 3-5, maar ek sukkel steeds met die vertaalde skryfstyl. Ons het ten minste meer punte gehad vir bespreking rondom Hoofstuk 7 by die sel vanaand (23 Aug 2009).
Hoofstuk 8 het ek die eerste keer redelik vinnig gelees, maar eers toe ons dit by ons groepie bespreek het, besef dat daar tog waardevolle dele in hierdie deel is. Die groepie het regtig lekker gesels oor van die dele. Ek dink die boek kan dalk nou aan die gang kom...
Thursday, July 23, 2009
Wil hierdie nog graag lees.....
Milan Kundera, The unbearable lightness of being
Milan Kundera, The book of laughter and forgetting
Thursday, April 23, 2009
Die Judasbok: Vlak 3
Het hierdie boek Desember 2009 klaar gelees, terwyl ons op vakansie was in die Wes Kaap. Die boek was op die rak by die plaashuis duskant Piketberg, in die Sederberge. Ek kon lekker voor 'n knetterende kaggel lees, omdat dit lekker koel in die berge was teen die aand se tyd.
Ek was baie verbaas om te sien dat hierdie boek se eerste uitgawe/druk 1982 is. Dalene het verskeie sake wat baie relevant vandag is hierin aangespreek, amper half profeties sou mens kon se^. Dalk was sy net baie nader aan die goed wat vir die gewone (wit) man op straat verwyderd was. Die boekie lees vinnig en maklik, en het 'n paar aangrypende dele. Ek hou baie van kortverhale, en het dus die boekie baie geniet.
The Secret
A Brief History of Time: Updated and Expanded Tenth Anniversary Edition: 10th Anniversary Ed.
Het hierdie boek al reeds 2008-04-15 klaar gelees. EK het egter meer as 'n jaar daaraan gelees.
Stimulerende, maar tog moeilik hier en daar om te lees - ek het veral die laaste 2 of 3 hoofstukke meer geniet as die eerstes. Ek het veral ook gehou van Hawking se manier om God in die prentjie te bring - dit wys ook hoe moeilik dit is vir die wetenskap om God in die vergelyking te hou. Aan te beveel.
Raising A Son: Parents and the Making of a Healthy Man
Subscribe to:
Posts (Atom)

