Thursday, April 23, 2009

Die Judasbok: Vlak 3



Het hierdie boek Desember 2009 klaar gelees, terwyl ons op vakansie was in die Wes Kaap. Die boek was op die rak by die plaashuis duskant Piketberg, in die Sederberge. Ek kon lekker voor 'n knetterende kaggel lees, omdat dit lekker koel in die berge was teen die aand se tyd.

  Ek was baie verbaas om te sien dat hierdie boek se eerste uitgawe/druk 1982 is. Dalene het verskeie sake wat baie relevant vandag is hierin aangespreek, amper half profeties sou mens kon se^. Dalk was sy net baie nader aan die goed wat vir die gewone (wit) man op straat verwyderd was. Die boekie lees vinnig en maklik, en het 'n paar aangrypende dele. Ek hou baie van kortverhale, en het dus die boekie baie geniet.




No comments:

Post a Comment