Makliker lees, vinnig
Vars anders omdat Nederlandse teks
Verlig en oopkop
Laat mens raai tot aan die einde
Life 3.0: Being Human in the Age of Artificial Intelligence, Max Tegmark. Die staaltjie in die prelude is nogals 'n ryk toekomsvisie vir 'n moderne illuminati geslag, met die finale hoofstuk oor wat is bewussyn nou regtig vir my meer insiggewend as enige ander deel van die boek. Daar is 'n element van herhaling, maar deesdae is dit nogals iets wat maklik in sulke tipe boeke gebeur.
Things to Make and Do in the Fourth Dimension: A Mathematician's Journey Through Narcissistic Numbers, Optimal Dating Algorithms, at Least Two Kinds of Infinity, and More, deur Matt Parker.
Het hierdie boekie as 'n present van die Standers gekry. Lees baie maklik met 'n geselstrant verklaring van algemene en vreemde vrae.
Freakonomics het 'n baie interessante perspektief, maar ongelukkig voel dit of die boodskap letterlik in elke hoofstuk herhaal word met dieselfde enkele voorbeelde. Dit maak sin wat Levitt probeer verduidelik, maar om sulke komplekse afhanklikhede in baie sinvolle voorbeelde te kry is nie maklik nie. Sy voorbeelde is aan die min kant, daarom die gevoel van herhaling. Dit is egter steeds die moeite werd om te lees.