Die boek lees baie moeilik. Het op die ou einde sommer in die eerste 10e moed opgegee.
Thursday, May 4, 2023
Tobacco Wars: Inside the spy games and dirty tricks of southern Africa’s cigarette trade, Johann Van Loggerenberg
Tobacco Wars is te veel van 'n ek-storie - dit is nie 'n nugtere, objektiewe kykie na die bedryf nie. So bietjie van eie beuel blaas hier ook. Het oorgeslaan na spoedlees, moet besluit of ek dit gaan klaarmaak. Wat wel indrukwekkend is, veral as dit feitelik korrek is, is die gedetaileerde weergee van spesifieke gebeure, hoe onbenullig dit ook mag lyk, met name, datums, tye van die dag en ander konteks. As mens nie baie goeie notas orals die heeltyd neem nie, weerspieel dit 'n fantastiese geheue.
Friday, April 7, 2023
Sunday, January 8, 2023
passievrug
Gelees by klienparadys kamp die naweek
Makliker lees, vinnig
Vars anders omdat Nederlandse teks
Verlig en oopkop
Laat mens raai tot aan die einde
Tuesday, August 9, 2022
Saturday, July 16, 2022
Tuesday, January 12, 2021
Kammaland, Annelie Botes
Kammaland maak dan seker meer sin vir mense wat beplan vir, of al reeds 'n kanaalboot vakansie meegemaak het. Die boek is eerder dokumente^r as fiksie, met redelik intieme details en vertellings. Die skrywer skroom nie weg van ongemaklike situasies nie. Heelwat komiese oomblikke, maar dit is die raak beskrywings van Engelse kroegies, dorpies en landelike tonele wat mens die heeltyd verlei en bekoor. 90 dae klink te kort - ek wil ook nou op 'n 20x2m langboot gaan bly. Ai. 'n Maklike vinnige lees.
Sunday, December 6, 2020
Met die Vierkleur in Parys, Renée Rautenbach Conradie.
Met die Vierkleur in Parys lees baie maklik, maar ek gaan nog 'n rukkie daarmee besig wees. Ek was ook saam met Bella by die boek oggend waar die skrywer gesels het.
Friday, July 31, 2020
Humble Pi: A Comedy of Maths Errors, Matt parker
Humble Pi: A Comedy of Maths Errors is meer toeganklik as Matt Parker se ander moet-lees, Things to Make and Do in the Fourth Dimension. Dit laat mens heelwat kopskud in ongeloof.
Friday, May 1, 2020
Tuesday, June 11, 2019
Monday, July 30, 2018
Life 3.0: Being Human in the Age of Artificial Intelligence, Max Tegmark

Wednesday, July 25, 2018
Things to Make and Do in the Fourth Dimension, Matt Parker.

Hierdie boekie lees nogals maklik, maar by so paar plekke moet mens beter kophou as 'n dronk weeluis. Van die probleme sou mens self ook kan oplos, teken of uitwerk, maar dit sal heelwat tyd vat. Veral ook as mens dit regtig korrek wil verstaan en kan toepas. Ek sal nogals graag 'n lysie wil opmaak van al die interessant getalle en truuks. Lees gerus, veral as jy wiskunde geniet het op skool or universiteit.
Sunday, March 25, 2018
Hoe verklaar jy dit?

Sunday, April 3, 2016
Freakonomics, Levitt and Dubner

Thursday, May 10, 2012
Your Brain at Work, David Rock
Your Brain at Work, David Rock begin amper asof mens jou eie soutmyn wedervaringe vertel. Die boek is beslis baie interessant. Ek is nou so 100 bladsye in en vorder goed, veral oppad na Zurich.
Saturday, March 24, 2012
Diary of a Wimpy Kid
Diary of a Wimpy Kid is regtig lekker kinder vermaak. Besig om dit saam met my twee manne te lees. Vreksnaaks en goeie vermaak vir ouers ook.
Saturday, March 10, 2012
Guns, germs, and steel: the fates of human societies. Jared M Diamond - 6/10
Baie interessante poging om die wereld te verduidelik soos dit tans lyk. Op die ou einde is dit seker geografie, en dan die verdeling van groepe wat alles beinvloed. Die ekstra deel aan die einde is amper die beste deel van die boek. Daar is net te veel herhaling in die boek, dit kon heelwat korter gewees het, en steeds dieselfde boodskap oordra. Maar nog steeds die moeite werd om te lees. Klaas gelees op 10 Maart 2012.
Saturday, November 6, 2010
If You Want to Walk on Water, You've Got to Get Out of the Boat - John Ortberg
Het hierdie boekie as deel van ons sel gedoen - lees maklik, maar is bietjie moeiliker om as studie materiaal te dien - mens moet goed voorberei om dit reg te kry.
Tuesday, June 15, 2010
Wow, God! - Daniel Louw
Het hierdie boek laaaank terug by Guillaume geleen, tydens ons laaste Kaap vakansie. Hoop nie hy soek die boek gou teruyg nie! Het dit so maand of wat gelede (Mei 2010) begin lees. Die boek is baie kompak geskryf, en is ietwat moeilik om te lees. Dit lyk egter interessant, so ek sal seker dit darem klaarkry voor 2093.
Subscribe to:
Posts (Atom)